Wonderwêreld

KoopProdukButtonLaaiPrekeAfButtonOorsigVideoButtonGespreksvideoButton

WonderwereldDie Wonderwêreld-produkreeks bestaan uit: 

1) Gids vir deelnemers en groepe
2) Vier preke vir ’n reeks in gemeentes
3) Verduidelikende video-greep vir bekendstelling
4) Vier inleidende video-grepe vir kleingroepgesprek

In Wonderwêreld kyk die skrywers in die loop van vier weke na gedeeltes in Matteus waar Jesus oor die koninkryk van God praat.

Hulle sluit hierby in:

• Jesus se Bergpreek (Matt 5 — 7) — en noem dit Wonderlewe.
• Jesus se gelykenisse (Matt 13) — en noem dit Wonderbeelde.
• Kinders deur Jesus se oë (Matt 18 — 19) — en noem dit Wonderkinders.
• Die profetiese rede (Matt 24 — 25) — en noem dit Wondertoekoms.

In elke studie deel hulle die uniekheid van God se koninkryk, wat anders is as alle ander ryke, met ons. Hulle neem ons op ‘n reis van bekering en verwondering wat ons dieper inlei in die wonderwêreld wat in Jesus naby aan ons gekom het.