Toerusting vir kategete en jeugwerkers
Prys: R165,00
Dié handleiding help groepleiers om vier toerustingskursusse aan te bied. Die kursusse fokus op vier temas: verhoudings, vrae, groeipyne en issues. Elk van die vier temas gaan saam met ’n DVD-snit as agtergrond vir of inleiding tot die betrokke tema. Tydens die kursus kyk die groep na hierdie DVD-snitte en bespreek dan die vrae wat in die handleiding is.
Elk van die vier temas word aangevul met sewe klanksnitte op ’n CD. Altesaam is daar dus 28 klanksnitte wat ’n praktiese benadering tot en goeie raad oor elke tema gee. Elke pakket bevat 5 CD’s. Dit kan ook afsonderlik bestel word.