Kleurgebede oor liefde

Kleurgebede-Fr.Cov.indd

PRYS: R60.00

KOOP HIER 

Inkleurboek vir volwassenes oor 1 Korintiërs

Teken en bid gaan saam. Saam met die ink vloei daar gedagtes oor lewe, seer, vreugdes en God na die oppervlak. Jy kan jouself verloor in die detail, die blaartjies, die sirkeltjies en die blokkies. Inkleur laat jou fokus, ontsnap, nadink, loskom, die Gees hoor, nuut sien, skep.

Mag hierdie kleurgebede vir jou ʼn wonderlike tyd van oordenking, nadink en insigte wees. Geniet God se wonderwêreld vol reënboë terwyl jy fokus, hoor en bid in volkleur.

Unieke verkooppunte

‘n Inkleurboek vir volwassenes met handgetekende gebedsprente.
Die teks is gegrond op 1 Korintiërs 13 – die bekendste gedeelte oor die liefde in die Bybel.
By elke prent is daar ʼn gedeelte en ʼn gebed om oor na te dink terwyl jy inkleur.

Skrywers
Aletta Simpson is ‘n graad 11-leerder in Durbanville, Kaapstad. Vandat sy kan onthou, stel sy belang in boeke, skryfgoed, teken en skets. Dit is haar eerste publikasie. Sy het al hierdie sketse oor dae heen met die hand geteken.

Nico Simpson is by Bybel-Media se publikasie-afdeling. Hy stel belang in hoe volwassenes leer, hoe om dit wat ons glo in sketse en illustrasies uit te beeld, en om mense te begelei om te word wie God bedoel het hulle moet wees. Hy het al verskeie boeke gepubliseer, soos Bybelstudiegroepe: Poorte vir genade, Ek soek die wil van God, Vrou by die put en Ongebreek.