GayGelowig

GayGelowig-Fr.Cov.indd

Ingesluit in die gesprek

Marietjie van Loggerenberg

PRYS: R75.00

GayGelowig is ʼn versameling lewensverhale oor gay-wees en gelowig-wees, vertel deur gay gelowiges self. Dit het werklik baie van hulle geverg om openlik oor hulle gay-wees te praat.

In hulle stories vertel hulle van die ontdekking van hulle seksualiteit en van die pad van verwerping en aanvaarding waarop hulle stap. Hulle eerlike, intens persoonlike en unieke stories verwoord hulle vreugdes en hulle seerkry, hulle verwagtings en hulle vrese. Só neem hulle ons saam op hulle reis deur hulle dieptes en hoogtes. Mag hierdie boek gay en straight mense help om mekaar as familie in Christus raak te sien, te hoor, te ondersteun, te begryp, te respekteer, te omarm en lief te hê.