Posted on

Uit die beek

Prys: R150.00

KOOP HIER

Uit die Beek is die oudste Bybeldagboek in Afrikaans en het oor die jare heen ‘n staatmaker in menige huis geword. Dit bied jou die geleentheid om met verloop van tyd deur die hele Bybel te werk. Daar is ook ’n teksgedeelte wat in die aand gelees kan word, sake waarvoor daagliks gebid kan word en inleidings tot die Bybelboeke wat gelees kan word.

Uit die Ou Testament lees ons vanjaar uit Numeri, 1 en 2 Konings, Daniël, Hooglied, Hosea, Obadja, Miga, Amos en Klaagliedere; en uit die Nuwe Testament uit Johannes, Efesiërs, 1 en 2 Tessalonisense, Titus en Hebreërs.

Die goeie nuus vir gemeentes is dat hierdie gewilde dagboek – Uit die Beek 2016 – met ’n spesiale aanbod deur Bybel-Media aangebied word. Gemeentes kan een van die twee opsies kies:

1. Koop 5 dagboeke en kry die 6de een gratis! Vir elke 5 betaalde dagboeke kry jou gemeente dus 1 gratis. So kan jy aan jou gemeentelede Uit die Beek teen minder as die rakprys aanbied.

Prys: R750.00

KOOP HIER

OF

2. Koop 10 dagboeke en ontvang ’n Handboek by die Bybel of Reis deur die Bybel absoluut gratis. Jou keuse!

Prys: R1500.00

KOOP HIER

HANDBOEK BY DIE BYBEL
(Waarde: R410,00)
Daar het al meer as 3 miljoen eksemplare van Handboek by die Bybel in 30 tale verskyn. Handboek by die Bybel het ’n uitsonderlike reputasie verwerf as die nuttigste en toeganklikste
gids by die topverkoper in die ganse geskiedenis: die Bybel. Hierdie vierde hersiene uitgawe beslaan 816 bladsye met inligting en insig wat kleurryk, opwindend, gesaghebbend, leesbaar,
en dikwels uitdagend en besielend is.

 

REIS DEUR DIE BYBEL
(Waarde: R460,00)
Reis deur die Bybel is ’n unieke naslaanboek wat die Bybel op ’n manier benader wat tot elke mens spreek: die stories daarin. Terwyl jy deur die Bybelse lande en tye reis, sal jy ontdek hoe
die mense geleef het – die kos wat hulle geëet het, die huise waarin hulle gebly het, die klere wat hulle gedra het en die werke wat hulle gedoen het. Bestel dadelik om te verseker dat jy Uit die Beek 2016 ontvang.