Leef uit jou doop
Christi Thirion
Prys: R45.00
Hierdie gids vir hoërskool-leerders, wat oor ses weke strek, is spesifiek ontwerp om jongmense te help om twee dinge met hulle doop te doen:
- om uit hulle doop te leef – om alles wat die doop uit genade vir hulle gee, te ontvang en te gebruik.
- om hulle doop uit te leef – om te doen waartoe hulle doop hulle uitdaag en roep.
Leef uit jou doop help jongmense om die lewende God op ʼn nuwe manier te leer ken – die God in wie se Naam hulle gedoop is en in wie se teenwoordigheid hulle elke dag leef.
Hulle sal besef hoe belangrik hulle doop is, dat Jesus na hulle toe gekom het en hulle liefhet, net soos hulle is, en dat die geskenke wat Hy deur die doop vir hulle gee, hulle ’n ander mens maak.
Die jongmense gebruik twee tools om oor hulle doop en die betekenis daarvan vir hulle en hulle lewe na te dink – die Lectio Divina en daaglikse nadenke.
Hierdie boek oor die doop vir jongmense sluit aan by Bybel-Media se reeks van drie doopboeke vir volwassenes: Ontvang wat vir jou gegee is; Ontvang wat vir jou gegee is: 40-dae-program, en Ontvang wat vir jou gegee is: Kleingroepgids.