Drie boeke in ʼn reeks oor die waarde en betekenis van die doop vir gelowiges

OntvangWatGegeeIsGroep

Ontvang wat vir jou gegee is – Hoe die doop ons kan leer om met Christus te leef
Coenie Burger en Andries Cilliers
Prys: R110.00

Ontvang wat vir jou gegee is – 40-dae-program
Coenie Burger en Andries Cilliers
Prys: R75.00

Ontvang wat vir jou gegee is – kleingroepgids
Tinus van Zyl
Prys: R45.00

KOOP HIER

Ontvang wat vir jou gegee is – Hoe die doop ons kan leer om met Christus te leef is nie ʼn gewone boek oor die doop nie. Dit gaan nie oor ou gesprekke oor die doop wat ons nêrens bring nie, maar meer spesifiek oor die bedoeling, betekenis en werking van die doop.

Die skrywers het hierdie boek geskryf omdat hulle dink die doop word in baie kerke verwaarloos of verkeerd gebruik. Die wonderlike gawe van die doop wat die Here aan ons gegee het om ons op te bou in die geloof, word te veel gebruik op ’n manier wat Christene verdeel en kerke skeur. Of dit word, in reaksie op die twis, om vredesonthalwe glad nie meer gebruik nie. Hierdie boek is ’n poging om weer te kyk na wat die eintlike betekenis en bedoeling van die doop is en hoe ons dit vandag in ons kerke kan inbring.

Saam met hierdie uitgebreide boek oor die doop, verskyn ʼn 40-dae-program vir groepe of gemeentes en ʼn kleingroepgids wat albei aansluit by die inhoud van Ontvang wat vir jou gegee is.

Gratis videos, wat saam met hierdie boeke gebruik kan word, is aflaaibaar by www.bybelmedia.co.za

Direkte bestellings: [email protected]   ||   Deeloproepe: 0860 26 33 42